Click to Subscribe

Psalm chapter 134

Book
Chapter
1
'n Bedevaartslied. Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE wat snags in die huis van die HERE staan!
2
Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE!
3
Mag die HERE jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het!