Book
Chapter
1
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2
Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!
3
Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!
4
Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela.
5
Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!
6
Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
7
Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
8
Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.
9
Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.
10
HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!